Kode van Hammurabi

’n Deel van die kode op ’n kleitablet, Louvre.
Die kodestele van Hammurabi, Louvre.

Die Kode van Hammurabi is ’n goedbewaarde Babiloniese regskode van Antieke Mesopotamië wat van omstreeks 1754 v.C. dateer. Dit is een van die oudste redelik lang ontsyferde geskrifte in die wêreld. Die sesde Babiloniese koning, Hammurabi, het die kode opgestel en gedeeltelike afskrifte het behoue gebly op ’n mensgroot klipstele en verskeie kleitablette.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search